Wie is ons?

Anneline, ‘n ingenieur-mamma, en haar 3 kinders het plaas-plaas gespeel; maar die krale wou nie lekker “saamspeel” nie. Dié mamma sien altyd die glas half-vol en glo aan ‘n boer maak ‘n plan.  So nadat sy ‘n naald in ‘n hooimied gesoek het, het sy self hand aan die ploeg geslaan en die bul by die horings gepak.

Sy het met ‘n boeretroos in die hand begin ontwerp.  Die eerste krale was nie sonder flaters nie, maar probeer is die beste geweer.   Na vele probeerslae en ‘n hewige vuurdoop deur die kleinspan het hulle geseevier.  Die planne het nie opgeraak nie en volgende was ‘n verskeidenheid hekke, ‘n nekklamp en ‘n draadspan “kit”. Want wat is ‘n plaas sonder ‘n goed gespande draad?

 

Nou wie nie waag nie wen nie en DIT was die ontstaan van Plaas-Plaas...